Skip to main content

Ietsie afrikaans - My eie borsvoed journey


As iemand anders terug kyk op my lewe sou hulle seker se dat borsvoed die obvious keuse vir my was.  My ma is al amper 30 jaar n La Leche League leidster, en het al vier haar dogters geborsvoed tot ons self gespeen het. Ek het gedrink tot ek amper vyf was since na my nog n sussie gekom het met wie ek my lekker melkies moes deel.  Ons het groot geword tussen borsvoed mammas en daar was niks so cool soos om saam te gaan na n LLL meeting die eerste Woensdag van elke maand nie.

In 2010 op die ouderdom van 20 het ek as enkel mamma geboorte gegee aan n pragtige baba dogtertjie Cara-Mia.  En since my ma vir my n Womanly art of breast feeding as persent gegee het by my baby shower, het dinge sommer dadelik baie goed gegaan.  Daar was moeilike dae en rowwe dae.  Huilende en laggende dae. Maar ek het my borsvoed journey baie geniet.  Mense vra so baie hoekom ek borsvoed en hoekom ek so lank aan gehou het.  Aan die begin was my antwoord altyd, omdat dit malkik was, en ek te lui is om bottles te maak.  Toe my Snoekie 22 maande oud was het mamma besluit ons het nou genoeg gehad. Gelukkig het  Cara-Mia saam gestem en in vrede gespeen.

 Ek is in 2012 met n wonderlike man getroud en dit was nie lank nie (Mei 2013) toe ons uitvind ons tweede bondeltjie is oppad.  Mamma het vir papa saamgesleep na voor geboorte klasse. Daar het pappa ook van al borsvoed se voordele geleer.  In November is ons pragtige seun Ciane sommer by die huis en in pappa se hande gebore.  Net soos met die eerste het dit sommer van dag een af goed gegaan.

 Mens leer so baie by LLL. Ek het meer as eenkeer in n vergadering gehoor dat as mens eksklusief borsvoed, sonder dummy, bottles en vaste kos, mens se kanse op swangerskap baie skaars is.  So het ek nie veel daaroor geworry nie en is ek vandag n 1% statestiek.

 Ciane is nou 5 maande oud en ons is weer swanger.  Ons vermoed dat ek nou so 6 of 7 wekies is.  Op die oomblik gaan voiding maar bietjie rof.  My arme tieties is aan die brand.  Maar ek is determined om deur te druk en ook binne kort te tandem nurse.

 Intussen het my opinie oor borsvoed ook heelwat verander.  Ja dit bly maklik. Maar ek doen dit omdat dit natuurlik is.  Nie normal nie, want wat vir my normal is is nie noodwendig vir jou nie, maar plain and simple omdat dit natuurlik is.  Ek het my babas gedra, ekt geboorte gegee en nou borsvoed ek. Mense kan maar kyk en praat en wonder. I wouldn’t change it for anything.  My borsvoed storie sover is awesome en ek hoop dat ek ander kan inspirer.  Mens hoor aaklige stories daar buite en mense kan maar maklik borsvoed sleg praat.  But each to his own.  Solank jy jou besluite om jou hart maak en nie om ander se opinies nie.

Comments

  1. Love love! Sterkte met die swangerskap! Hopelik kan julle deurdruk en oor 7-8 maande ook deel wees van die tandem-gemeenskap! Dit het die aanpassing vir ons gesin soveel makliker gemaak en na 9 maande se tandem is ek nog nie 'n oomblik spyt nie!

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

The birth of Ciane Jacob (Rewrite)

The birth of Ciane Jacob 29 November 2012 Our unplanned unassisted birth I got married in 2011 and after attending two prenatal classes with my husband we both knew we wanted a homebirth. We found a midwife who was willing to assist us at home. Hired a birth pool. Got all the necessities.... Now this birth has a big back story ... My amazing mom, my rock, my hero's birthday is on 30 November. And since she turned 60 that year we planned a huge party with all her friends, and family and this party would take place on the morning of the 29th as it was the date that suited most people. Morning of 28 November. I some serious discharge going on down there, but we don't panic because we have a scheduled appointment at the midwife later that morning. She obviously also noticed the discharge and said it could be one of two things. Either I have a serious infection and need antibiotics or I am in labour. We said 100% no internal exams, that stuff freaks me out, it...

Being a stepmom

Being a stepmom If you think being a mom is hard, wait till you have to be a stepmom.  Before I got married I didn’t for one second think it would be a challenge but boy it is. I am very blessed that I am stepmom to an amazing little girl, she is raised with amazing manners and she is always so helpful. From day one I told her to call me Carina, she tried really hard but with her good manners I always ended up being Tannie Carina, not a fan of the Tannie word, but coming from her I don’t mind it. The hard part comes in to always be fair towards all the children although your heart sometimes wants to choose sides.  It is also hard when the rules, morals and expectation are diffirent in the two homes. Dinnique loves her mother very much, I could never replace her.  She always tells me how beautiful her mom is and I find it so cute. Obviously her mom speaks very badly of me (which is understandable) , I try to be the better person and only speak good of h...

The birth of Carmin Callisa (rewrite)

Carmin Callisa 19 December 2013 Unplanned planned assisted birth at home The first time I wrote this story wasn't very good. I think I was a little too negative to an overall positive birthing experience. Both my other births went smooth and quick in their own way. And I was about to experience something totally different than what I expected. Ciane (baby nr 2) was 4 months old, exclusively breastfed, when we found out I was pregnant. I have to share this we were away for the weekend with my parents and my oldest daughter, then 3 told my mother she is going to have a baby sister named Callisa. We all laughed and joked until I started getting sick on the Monday .. like morning sickness sick. So I had a three year old and a basically newborn, needless to say my pregnancy was a little more stressed and busy as apposed to the 9 months I basically spent in bed with the others. We decided we are going to have an unassisted home birth. We know the drill. Until w...